send link to app

Blokaspaai app for iPhone and iPad


4.8 ( 9488 ratings )
Games Entertainment Puzzle Word
Developer: Shine Interactive
Free
Current version: 1.2.18, last update: 4 years ago
First release : 28 Oct 2013
App size: 58.29 Mb

Die wêreld se eerste Afrikaanse Blokraai-applikasie vir iOS.

Blokaspaai bied n nuwe dimensie aan n ou gunstelingtydverdryf. Spesiaal ontwerp om maklik in te vul sonder onnodige tierlantyntjies en fieterjasies.

Geniet ons eerste BonusBoek gratis ingesluit by Blokaspaai. Die Blokaspaai-span sorg vir n splinternuwe uitgawe elke maand. Van Suid-Afrika se bekendste opstellers publiseer gereeld hulle eie boeke teen sakpaspryse. Jy sal vir seker nooit sonder n kopkrap-lekkerte sit nie.

Hoogtepunte

• Gemaklik om in te vul
• Rustige, kalmerende ontwerp
• Leidrade word bo die sleutelbord ge-eggo
• Verleen hulp wanneer jy vasbrand
• Vee jou blokraai uit om oor en oor in te vul
• Nuwe boeke van tyd tot tyd beskikbaar
• Hierdie applikasie benut In-App koopfunksies

In die nuuste weergawe 1.2.16

Blokaspaai is nou gratis geskikbaar!  Die basiese funksie van die applikasie bly dieselfde.

Ons het n puntestelsel ingebou om so bietjie teen jouself te kompeteer.  Wanneer jy Blokaspaai aflaai, kry jy 50 gratis blokkies.  Blokkies kan gebruik word om na antwoorde te loer.  Aan die einde van elke raaisel ken Blokaspaai aan jou bonus blokkies toe (gebruik die Sien alles na funksie) vir regte letters.  Hierdie blokkies word by jou balans gevoeg.  Indien jou balans nul blokkies bereik, word jy die geleentheid te bied om jou blokkies aan te vul deur addisionele blokkies te koop.

Jy kan nou jou vordering volg sodat jy presies weet waar jy staan met al jou invulwerk wanneer jy n boek oopmaak.

KENNISGEWING!

Tydens opgradering na die nuwe weergawe word jou lokale databasis uitgevee.  Dus sal jy die geleentheid hê om al jou raaisels van nuut af in te vul en gebruik te maak van al die bonus blokkies!  n Lekker uitdaging.

VRYWARING

Omdat dit vir ons belangrik is dat Blokaspaai sonder enige internetkonneksie kan werk, word al die data op jou slimfoon/tablet gestoor nadat dit afgelaai is.  LET WEL dat herinstallasie van die applikasie sal veroorsaak dat jy alle blokkies (gratis en gekoop) verbeur.

---

The worlds first ever Afrikaans Arrow crossword application for iOS

Blokaspaai offers a new dimension to an old favourite pastime. Designed especially for easy filling without unnecessary knick-knacks.

Enjoy your first bonus book free. The Blokaspaai team ensures a new edition every month. Some of South Africas best crossword compilers work is frequently available at bargain prices. You will never be without a puzzler to keep you occupied.

Highlights

• Easy to fill in
• Relaxing design
• Clues echoed above the keyboard
• Cheat function available
• Clear your crossword to enjoy again and again
• New books available from time to time
• This app utilises In-App Purchase